58 Jou skandelike daad en jou gruwels moet jý dra, spreek die Here Here.
59 Want so sê die Here Here: Ja, Ek doen aan jou soos jy gedoen het, wat die eedswering geminag het deur die verbond te verbreek.
60 Ewenwel sal Ek dink aan my verbond met jou in die dae van jou jeug, en Ek sal met jou ’n ewige verbond oprig.
61 Dan sal jy aan jou weë dink en skaam wees, as jy jou susters aanneem wat groter is as jy, by dié wat kleiner is as jy, en Ek hulle aan jou as dogters gee; al is dit nie kragtens die verbond met jou nie.
62 En Ek sal my verbond met jou oprig, en jy sal weet dat Ek die Here is;
63 sodat jy kan nadink en beskaamd staan en jou mond nie meer oopmaak vanweë jou skande nie, as Ek vir jou versoening sal bewerk oor alles wat jy gedoen het, spreek die Here Here.