6 nie eet op die berge en sy oë nie opslaan na die drekgode van die huis van Israel en die vrou van sy naaste nie verontreinig en nie naby ’n vrou kom as sy onrein is nie,
7 en niemand verdruk nie; wat hy vir skuld as pand geneem het, teruggee; geen roof pleeg nie; aan die wat honger het, sy brood gee en die wat naak is, met ’n kleed toedek;
8 nie leen op rente en geen woeker neem nie; sy hand terughou van onreg, eerlike regspraak oefen tussen man en man;
9 in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou om eerlik te handel — hy is regverdig, hy sal sekerlik lewe, spreek die Here Here.
10 En het hy ’n geweldenaar van ’n seun verwek wat bloed vergiet en net maar een van hierdie dinge doen —
11 terwyl hy self dit alles nie gedoen het nie — as hy ook eet op die berge en die vrou van sy naaste verontreinig,
12 die ellendige en behoeftige verdruk, roof pleeg, die pand nie teruggee nie en sy oë opslaan na die drekgode, gruwelike dinge doen,