27 Puinhoop, puinhoop, puinhoop sal Ek dit maak. Ook dit sal nie bly nie — totdat Hy kom wat daarop reg het, en aan Hom sal Ek dit gee.
28 En jy, mensekind, profeteer en sê: So spreek die Here Here aangaande die kinders van Ammon en hulle smaadrede; en jy moet sê: ’n Swaard, ’n swaard is getrek om te slag; dit is geskuur tot die uiterste toe om soos ’n weerligstraal te wees —
29 onderwyl hulle vir jou, o swaard, ’n bedrieglike gesig sien, onderwyl hulle vir jou leuens voorspel — dat jy gesit sou word op die nekke van goddelose wat onheilig is, wie se dag gekom het in die tyd van uiteindelike afrekening!
30 Steek dit weer in die skede. In die plek waar jy geskape is, in die land van jou oorsprong, sal Ek jou oordeel.
31 En Ek sal oor jou my toorn uitgiet; Ek sal op jou blaas met die vuur van my grimmigheid en jou oorgee in die hand van barbare, mense wat verderf smee.
32 Voedsel sal jy wees vir die vuur; jou bloed sal binne-in die land wees; aan jou sal nie meer gedink word nie; want Ek, die Here, het dit gespreek.