1 EN die woord van die Here het tot my gekom en gesê:
2 Mensekind, rig jou aangesig teen die kinders van Ammon, en profeteer teen hulle.
3 En sê aan die kinders van Ammon: Hoor die woord van die Here Here. So spreek die Here Here: Omdat jy ha, ha! geroep het oor my heiligdom, omdat dit ontheilig is, en oor die land van Israel, omdat dit verwoes is, en oor die huis van Juda, omdat hulle in ballingskap gegaan het —
4 daarom, kyk, Ek gee jou oor aan die kinders van die Ooste as ’n besitting, dat hulle hul laers in jou opslaan en hul wonings in jou maak; hulle sal jou vrugte eet, en hulle sal jou melk drink.
5 En Ek sal Rabba ’n weiveld maak vir kamele en die kinders van Ammon ’n lêplek vir kleinvee, en julle sal weet dat Ek die Here is.
6 Want so sê die Here Here: Omdat jy in die hand geklap en met die voet gestamp het en bly was met volle veragting in die siel oor die land van Israel —