10 aan die kinders van die Ooste sal Ek dit, saam met die kinders van Ammon, as besitting gee, sodat die kinders van Ammon nie meer genoem sal word onder die nasies nie.
11 Ek sal ook in Moab strafgerigte voltrek; en hulle sal weet dat Ek die Here is.
12 SO sê die Here Here: Omdat Edom wraaksugtig gehandel het teen die huis van Juda en hom baie skuldig gemaak het en hom op hulle gewreek het —
13 daarom, so sê die Here Here: Ek sal my hand uitstrek teen Edom en daaruit mens en dier uitroei; en Ek sal dit ’n puinhoop maak van Teman af, en tot by Dedan sal hulle deur die swaard val.
14 En Ek sal my wraak op Edom in die hand van my volk Israel gee, en hulle sal met Edom handel volgens my toorn en my grimmigheid; so sal hulle dan my wraak gewaar word, spreek die Here Here.
15 SO sê die Here Here: Omdat die Filistyne wraaksugtig gehandel het en hulle erg gewreek het met veragting in die siel, om te verwoes met ewige vyandskap —
16 daarom, so sê die Here Here: Kyk, Ek strek my hand uit teen die Filistyne en sal die Kretiërs uitroei en die oorblyfsel van die seekus vernietig.