3 daarom, so sê die Here Here: Kyk, Ek het dit teen jou, o Tirus! en Ek laat baie nasies teen jou optrek soos die see sy golwe laat optrek.
4 Húlle sal die mure van Tirus verwoes en sy torings afbreek; ja, Ek sal sy puin van hom af wegvee en hom ’n kaal rots maak.
5 Hy sal binne-in die see ’n droogmaakplek van nette wees; want Ek het dit gesê, spreek die Here Here; en hy sal ’n buit vir die nasies wees.
6 En sy dogters wat op die land is, sal met die swaard gedood word; en hulle sal weet dat Ek die Here is.
7 Want so sê die Here Here: Kyk, Ek laat Nebukadrésar, die koning van Babel, die koning van die konings, van die noorde af teen Tirus kom, met perde en strydwaens en ruiters en ’n menigte en baie mense.
8 Hy sal jou dogters op die land met die swaard doodmaak en forte teen jou opstel en ’n wal teen jou opwerp en die skilddak teen jou oprig.
9 En hy sal die stoot van sy stormram teen jou mure rig en jou torings met sy breekysters afbreek.