28 Van die harde geskreeu van jou stuurmanne sal die oop velde bewe.
29 En almal wat die roeispaan hanteer, sal van hulle skepe afklim; die seevaarders, al die stuurmanne van die see, sal op die land gaan staan.
30 En hulle sal hul stem oor jou laat hoor en bitterlik skreeu; en hulle sal stof op hul hoofde gooi, hulle wentel in die as.
31 En hulle sal om jou ontwil ’n kaal plek skeer en rouklere aangord en oor jou ween met bitterheid van siel, in ’n bitter rouklag.
32 En hulle sal in hul weeklag oor jou ’n klaaglied aanhef en oor jou sing: Wie was soos Tirus, die doodstille daar in die see?
33 Toe jou handelsware uit die see voortgekom het, het jy baie volke versadig; met die menigte van jou goed en jou koopware het jy die konings van die aarde ryk gemaak.
34 Nou is jy verbreek van die see af in die dieptes van die waters; jou koopware en jou hele menigte het saam met jou weggesink.