1 VERDER het die woord van die Here tot my gekom en gesê:
2 Mensekind, profeteer en sê: So spreek die Here Here: Huil julle! Ag, die dag!
3 Want naby is ’n dag, ja, naby is ’n dag van die Here, ’n dag van wolke; die tyd van die nasies sal dit wees.
4 Dan sal ’n swaard in Egipte kom, en daar sal angs in Kus wees as die wat verslaan is, val in Egipte, en as hulle sy rykdom wegneem en sy fondamente afgebreek word.
5 Kus en Putéërs en Ludiete en die hele gemengde bevolking en Kub en die kinders van die daarmee verbonde land sal saam met hulle val deur die swaard.