14 Dan sal Ek hulle waters laat besink en hulle riviere laat vloei soos olie, spreek die Here Here.
15 As Ek Egipteland ’n wildernis maak en die land woes lê, van sy volheid beroof, as Ek almal wat daarin woon, verslaan het, dan sal hulle weet dat Ek die Here is.
16 ’n Klaaglied is dit, en hulle moet dit sing; die dogters van die nasies moet dit sing; hulle moet dit sing oor Egipte en oor sy hele menigte, spreek die Here Here.
17 En in die twaalfde jaar, op die vyftiende van die maand, het die woord van die Here tot my gekom en gesê:
18 Mensekind, weeklaag oor die menigte van Egipte, en laat hulle neerdaal (hy met die dogters van geweldige nasies) in die onderste plekke van die aarde, by die wat in die kuil neergedaal het.
19 Bo wie is jy skoon? Daal af, en laat jou neerlê by die onbesnedenes.
20 Onder die wat deur die swaard verslaan is, sal hulle val; die swaard is aangegee; trek hom weg saam met sy hele menigte.