6 En Ek sal senings op julle lê en vlees oor julle laat opkom en ’n vel oor julle trek en gees in julle gee, sodat julle lewendig kan word; en julle sal weet dat Ek die Here is.
7 Toe het ek geprofeteer soos my beveel was. En sodra ek geprofeteer het, was daar ’n geruis, en kyk — ’n beroering! En die bene het nader gekom, elke been na sy been.
8 Toe kyk ek en — daar was senings op hulle, en daar het vlees op gekom, en ’n vel is bo-oor hulle getrek, maar daar was geen gees in hulle nie.
9 Daarop sê Hy vir my: Profeteer tot die gees, profeteer, mensekind, en sê aan die gees: So spreek die Here Here: Kom aan uit die vier windstreke, o gees, en blaas in hierdie dooies, dat hulle lewendig kan word.
10 En ek het geprofeteer soos Hy my beveel het. Toe het die gees in hulle gekom, en hulle het lewendig geword en op hulle voete gaan staan — ’n ontsaglike groot leër!
11 Toe sê Hy vir my: Mensekind, hierdie bene is die hele huis van Israel. Kyk, hulle sê: Ons bene is verdor, en ons verwagting is verlore; dit is klaar met ons!
12 Daarom, profeteer en sê aan hulle: So spreek die Here Here: Kyk, Ek sal julle grafte oopmaak en julle uit jul grafte laat opkom, o my volk! En Ek sal julle bring in die land van Israel.