1 EN jy, mensekind, profeteer teen Gog en sê: So spreek die Here Here: Kyk, Ek het dit teen jou, o Gog, vors van Ros, Meseg en Tubal.
2 En Ek sal jou weglok en jou lei en jou laat optrek uit die agterhoeke van die Noorde en jou laat kom op die berge van Israel.
3 Maar Ek sal jou boog uit jou linkerhand slaan en jou pyle uit jou regterhand laat val.
4 Op die berge van Israel sal jy val, jy en al jou leërs en die volke wat saam met jou is; aan die roofvoëls van allerhande vere en aan die wilde diere van die veld het Ek jou as voedsel gegee.
5 Op die oop veld sal jy val; want Ek het dit gesê, spreek die Here Here.