16 En daar was vensters van latwerk in die sykamers ingebou en in hulle deurposte, na binne toe in die poort al rondom; so ook in die voorportale; ja, vensters was al rondom na binne toe, en op die deurposte was palmbome.
17 Verder het hy my in die buitenste voorhof gebring, en kyk, daar was kamers, en rondom die voorhof was ’n plaveisel gemaak; dertig kamers was op die plaveisel.
18 En die plaveisel was aan die sykant van die poorte, ooreenkomstig die lengte van die poorte; dit was die onderste plaveisel.
19 Toe het hy die breedte gemeet van die voorkant van die onderste poort af tot by die buitenste voorkant van die binneste voorhof: honderd el, aan die ooste- en aan die noordekant.
20 Aangaande die poort wat na die noorde lê, by die buitenste voorhof — hy het sy lengte en sy breedte gemeet.
21 En sy sykamers was drie aan die een en drie aan die ander kant; en sy deurposte en sy voorportaal het dieselfde afmeting gehad as by die eerste poort: vyftig el sy lengte en die breedte vyf-en-twintig el.
22 En sy vensters en sy voorportaal en sy palmbome het dieselfde afmeting gehad as by die poort waarvan die voorkant na die ooste lê: en ’n mens kon daarin opklim met sewe trappe; en sy voorportaal was daarvoor.