46 En die kamer waarvan die voorkant na die noorde lê, is vir die priesters wat die diens van die altaar waarneem; dit is die seuns van Sadok wat uit die kinders van Levi na die Here mag nader kom om Hom te dien.
47 En hy het die voorhof gemeet: die lengte honderd el en die breedte honderd el, ’n vierkant; en die altaar was voor die huis.
48 Toe het hy my gebring in die voorportaal van die huis; en hy het elke deurpos van die voorportaal gemeet: vyf el aan die een en vyf el aan die ander kant; en die breedte van die poort: drie el aan die een, en drie el aan die ander kant.
49 Die lengte van die voorportaal was twintig el, en die breedte elf el, en dit by die trappe waarmee ’n mens daarheen opgaan; ook was daar pilare by die deurposte, een aan die een en een aan die ander kant.