1 SO sê die Here Here: Die poort van die binneste voorhof wat na die ooste kyk, moet gedurende die ses werkdae gesluit wees; maar op die sabbatdag moet dit oopgemaak word; ook moet dit op die dag van die nuwemaan oopgemaak word.
2 En die vors moet deur die voorportaal van die poort van buite af ingaan en by die deurpos van die poort gaan staan, en die priesters moet sy brandoffer en sy dankoffers berei; en hy moet aanbid by die drumpel van die poort en dan uitgaan; maar die poort moet nie gesluit word tot die aand toe nie.
3 Ook moet die volk van die land aanbid voor die ingang van dié poort, op die sabbatte en op die nuwemane, voor die aangesig van die Here.
4 En die brandoffer wat die vors aan die Here moet bring op die sabbatdag, is ses lammers sonder gebrek en ’n ram sonder gebrek;
5 en die spysoffer: ’n efa vir die ram; maar vir die lammers moet die spysoffer wees wat sy hand kan gee; en ’n hin olie vir ’n efa.