14 En jy moet elke môre daarby as spysoffer gereedmaak: ’n sesde van ’n efa en ’n derde van ’n hin olie om die fynmeel te bevogtig, as spysoffer aan die Here — ewige insettinge, altyddeur.
15 So moet hulle dan die lam en die spysoffer en die olie elke môre berei as ’n voortdurende brandoffer.
16 So sê die Here Here: As die vors aan een van sy seuns ’n geskenk gee van sy erfdeel, dan moet dit vir sy seuns wees: dit is hulle besitting as erfenis.
17 Maar as hy van sy erfdeel ’n geskenk aan een van sy dienaars gee, dan sal dit syne wees tot by die jaar van vrylating; dan moet dit aan die vors terugval; net vir sy seuns moet sy erfdeel wees.
18 En die vors mag niks neem van die erfdeel van die volk om hulle uit hul besitting te verdring nie; van sy besitting moet hy aan sy seuns ’n erfdeel gee, sodat my volk nie verstrooi word elkeen uit sy besitting nie.
19 Daarop het hy my gebring deur die ingang wat by die symuur van die poort was, na die heilige kamers vir die priesters wat na die noorde kyk; en kyk, daar was ’n plek aan die agterkant, na die weste toe.
20 En hy het vir my gesê: Dit is die plek waar die priesters die skuldoffer en die sondoffer moet kook, waar hulle die spysoffer moet bak, dat hulle dit nie uitbring in die buitenste voorhof waardeur hulle die volk sou heilig nie.