1 TOE die koning en Haman inkom om saam met koningin Ester die feesmaal te hou,
2 sê die koning aan Ester ook op die tweede dag, terwyl hulle wyn drink: Wat is jou bede, koningin Ester? — dit sal jou toegestaan word. En wat is jou versoek? Al was dit die helfte van die koninkryk — daaraan sal voldoen word.
3 En koningin Ester antwoord en sê: As ek genade in u oë gevind het, o koning, en as die koning dit goedvind, laat my lewe my geskenk word op my bede en my volk op my versoek.
4 Want ons is verkoop, ek en my volk, om verdelg, gedood en uitgeroei te word. Was ons nog as slawe en slavinne verkoop, dan sou ek geswyg het, maar hierdie ramp sal onder die verliese van die koning sy weerga nie hê nie.