13 ’n Afskrif van die bevelskrif moes as wet uitgevaardig word in elke provinsie, openbaar gemaak aan al die volke, sodat die Jode op dié dag gereed moes wees om hulle op hul vyande te wreek.
14 Die rapportgangers wat op die koninklike renperde gery het, het op bevel van die koning haastig en gou weggegaan, en die wet is in die vesting Susan uitgevaardig.
15 En Mórdegai het van die koning weggegaan in ’n koninklike kleed van pers en wit, met ’n groot goue kroon op en ’n mantel van fyn linne en purperrooi stof, terwyl die stad Susan jubel en vrolik was.
16 Vir die Jode was daar lig en vrolikheid en vreugde en eer;
17 en in al die provinsies en in al die stede waar die bevel van die koning en sy wet ook al aangekom het, was daar vrolikheid en vreugde by die Jode, maaltyd en feesdag; en baie uit die volke van die land het Jode geword, want die skrik vir die Jode het op hulle geval.