21 Die oorblyfsel sal terugkom, die oorblyfsel van Jakob na die sterke God toe.
22 Want al was jou volk, o Israel, soos die sand van die see, net ’n oorblyfsel van hulle sal terugkom; die verdelging is vas besluit en vloei oor van geregtigheid.
23 Want ’n verdelging wat vas besluit is, sal die Here Here van die leërskare voltrek in die midde van die hele aarde.
24 Daarom, so sê die Here Here van die leërskare: o My volk wat in Sion woon, wees nie bevrees vir Assur wat jou met die staf slaan en sy stok teen jou ophef op die manier van Egipte nie.
25 Want nog ’n baie kort rukkie, dan is die grimmigheid ten einde, en my toorn gaan uit om húlle te vernietig.
26 En die Here van die leërskare sal oor hom die gésel swaai soos Mídian verslaan is by die rots Oreb; en sy staf sal wees oor die see, en Hy sal dit ophef op die manier van Egipte.
27 En in dié dag sal sy las afgly van jou skouer en sy juk van jou nek, en die juk sal tot niet raak vanweë die vettigheid.