3 Ek self het my geheiligdes ontbied; ook het Ek my helde tot my toorn geroep, my manne wat jubel in trotsheid.
4 Hoor, ’n gedruis op die berge soos van baie mense! Hoor, ’n rumoer van die koninkryke, van versamelde nasies! Die Here van die leërskare hou wapenskouing oor ’n oorlogsleër.
5 Hulle kom uit ’n ver land, van die einde van die hemel af, die Here en die werktuie van sy grimmigheid, om die hele aarde te verwoes.
6 Huil julle, want die dag van die Here is naby; hy kom as ’n verwoesting van die Almagtige.
7 Daarom word al die hande slap, en elke mensehart versmelt;
8 en hulle is verskrik, kry krampe en weë; hulle krimp inmekaar soos een wat baar; die een kyk die ander verbaas aan; hulle gesigte is vlammende gesigte.
9 Kyk, die dag van die Here kom, verskriklik, met grimmigheid en toorngloed, om die aarde ’n woesteny te maak en sy sondaars daaruit te verdelg.