15 Ja, in die doderyk sal jy neergewerp word, in die diepste plekke van die kuil!
16 Die wat jou sien, beskou jou, hulle let op jou en sê: Is dit die man wat die aarde laat sidder het, koninkryke laat beef het?
17 Die wêreld soos ’n woestyn gemaak en sy stede verwoes het, wat sy gevangenes nie losgelaat het huis toe nie?
18 Al die konings van die nasies, hulle almal rus met eer, elkeen in sy huis;
19 maar jý is gewerp, ver van jou graf, soos ’n afskuwelike uitspruitsel, oordek met die wat verslaan is, wat deurboor is met die swaard, wat neerdaal na die klippe van die grafkuil soos vertrapte aas.
20 Jy word nie met hulle in die graf verenig nie, want jy het jou land verwoes, jou volk gedood; die nageslag van die kwaaddoeners word vir ewig nie genoem nie.
21 Maak ’n slagbank gereed vir sy seuns, om die ongeregtigheid van hulle vaders ontwil, dat hulle nie opstaan en die aarde in besit neem en die bodem van die wêreld vol stede maak nie.