28 IN die sterfjaar van koning Agas het hierdie Godspraak uitgegaan.
29 Wees nie bly, o ganse land van die Filistyne, dat die roede verbreek is wat jou geslaan het nie; want uit die wortel van die slang sal ’n basilisk voortkom, en sy vrug sal ’n vlieënde draak wees.
30 En die eersgeborenes van die armes sal wei, en die behoeftiges sal veilig lê en rus; maar jou wortel sal Ek deur honger laat sterwe, en jou oorblyfsel sal hy doodmaak.
31 Huil, o poort! Skreeu, o stad! Bewe, o ganse land van die Filistyne! Want uit die noorde kom rook, en daar is geen afswerwer onder sy skare nie.
32 Wat sal hulle dan die boodskappers van die nasie antwoord? Dat die Here Sion gegrondves het, en dat die ellendiges van sy volk daarin sal skuil.