1 STUUR die lammers van die regeerder van die land uit die rotsstreek weg na die woestyn, na die berg van die dogter van Sion.
2 En soos voëls wat vlug, ’n nes wat verjaag is, sal die dogters van Moab wees by die driwwe van die Arnon.
3 Gee raad, gee beslissing, maak jou skaduwee soos die nag op die volle middag, verberg die wat verdryf is, verraai die vlugteling nie!
4 Laat my mense wat verdryf is, by jou vertoef! Aangaande Moab, wees vir hulle ’n skuilplek vanweë die verwoester. Want gedaan is die verdrukker, klaar is dit met die verwoesting, weg is die vertrappers uit die land!
5 En opgerig is deur goedgunstigheid ’n troon, en daarop sit een in getrouheid in Dawid se tent, ’n regter wat die reg soek en gou is in geregtigheid.
6 Ons het gehoor van die trotsheid van Moab — hy is baie trots! — van sy hoogmoed en sy trotsheid en sy grimmigheid, sy onbehoorlike grootpratery.