1 WEE die land van vlerkgegons wat anderkant die riviere van Kus lê;
2 wat boodskappers stuur oor die groot water en in skuite van biesies oor die waters! Gaan weg, vinnige boodskappers, na die hoog uitgegroeide nasie met die blink vel, na die wyd en syd gevreesde volk, die nasie gewoond om te gebied en te vertrap, wie se land deur riviere deursny word.
3 Al julle bewoners van die wêreld en bewoners van die aarde, as ’n banier opgehef word op die berge, kyk! En as die basuin geblaas word, luister!
4 Want so het die Here vir my gesê: Ek wag rustig en aanskou uit my woonplek, soos glinsterende hitte bo die sonlig, soos ’n douwolk in die hitte van die oestyd.
5 Want voor die oes, as die bloeisel volgroeid is en die blom ’n ryp druiwekorrel word, sal Hy die ranke afsny met snoeimesse en die lote wegkap;