13 Die vorste van Soan het dwase geword, die vorste van Nof is bedroë; Egipte is op ’n dwaalweg gebring deur hulle wat die hoeksteen van die stamme is.
14 Die Here het daarin ’n gees van bedwelming gegiet, en Egipte is op ’n dwaalweg gebring in al sy werk, soos ’n dronkaard tuimel in sy uitbraaksel.
15 So is daar dan vir Egipte geen werk wat gedoen word deur kop of stert, palmtak of biesie nie.
16 In dié dag sal die Egiptenaars wees soos die vroue: hulle sal bewe en vrees vir die handgeswaai van die Here van die leërskare wat Hy teen hulle swaai.
17 En die land Juda sal vir die Egiptenaars ’n skrik wees: as iemand daarvan melding maak by hulle, bewe hulle vanweë die besluit van die Here van die leërskare wat Hy teen hulle geneem het.
18 In dié dag sal daar vyf stede in Egipteland wees wat die taal van Kanaän spreek en by die Here van die leërskare sweer; een sal genoem word: Stad van verwoesting.
19 In dié dag sal daar ’n altaar wees vir die Here binne-in Egipteland en ’n gedenksteen vir die Here by die grens.