5 En die waters sal uit die groot waterplas verdwyn, en die rivier sal uitdroog en droog lê.
6 En die strome sal stink; die strome van Egipte sal swak word en uitdroog; riet en biesies sal verwelk.
7 Die weivelde by die Nyl, by die mond van die Nyl, en elke saailand van die Nyl sal verdor, verwaai en nie meer wees nie.
8 En die vissers sal klaag, en almal wat hoeke in die Nyl uitgooi, rou bedrywe; en die wat visnette uitsprei oor die waters, sal verkwyn.
9 En die bewerkers van uitgekamde vlas staan beskaamd, en die wewers van wit stowwe.
10 En sy steunpilare word verbrysel; almal wat vir loon werk, sielsbedroef.
11 Die vorste van Soan is net dwase, die raad van Farao se slimste raadgewers het domheid geword Hoe kan julle vir Farao sê: Ek is ’n seun van die wyse manne, ’n seun van die konings uit die voortyd?