12 Want ’n dag is daar vir die Here van die leërskare oor al wat trots en hoog is, en oor al wat verhewe is, sodat dit verneder kan word;
13 en oor al die hoë en verhewe seders van die Líbanon en oor al die eikebome van Basan;
14 en oor al die hoë berge en oor al die verhewe heuwels;
15 en oor al die hoë torings en oor al die versterkte mure;
16 en oor al die skepe van Tarsis en oor al die kosbare pronkstukke.
17 Dan sal die hoogheid van die mense neergebuig en die trotsheid van die manne verneder word; en die Here alleen sal in dié dag verhewe wees.
18 En die afgode sal geheel en al verdwyn.