14 Bring vir die dorstige water tegemoet! Die inwoners van die land Tema het die vlugteling met brood teëgekom.
15 Want hulle het gevlug vir swaarde, vir die swaard wat uitgetrek en vir die boog wat gespan is, en vir die druk van die oorlog.
16 Want so het die Here vir my gesê: Binne ’n jaar — soos die jare van ’n dagloner — sal al die heerlikheid van Kedar verdwyn.
17 En wat oorbly van die getal boë van die Kedareense helde, sal min wees; want die Here, die God van Israel, het dit gespreek.