22 En Ek sal die sleutel van die huis van Dawid op sy skouer lê; en hy sal oopmaak, en niemand sal sluit nie; en hy sal sluit, en niemand sal oopmaak nie.
23 En Ek sal hom inslaan soos ’n pen in ’n vaste plek, en hy sal ’n eretroon wees vir die huis van sy vader.
24 En hulle sal aan hom ophang die hele swaarte van die huis van sy vader, die spruite en die wilde lote, al die klein huisraad, van komme af tot allerhande kruike toe.
25 In dié dag, spreek die Here van die leërskare, sal die pen padgee wat in ’n vaste plek ingeslaan is: dit word afgebreek en val, en die drag goed wat daaraan hang, raak tot niet, want die Here het dit gespreek.