3 Al jou owerstes het almal saam gevlug, sonder boog is hulle gebind; almal wat in jou gegryp is, is almal saam gebind; hulle het ver weggevlug.
4 Daarom sê ek: Kyk weg van my af, dat ek bitterlik kan ween; dring nie aan om my te troos oor die verwoesting van die dogter van my volk nie;
5 want dit is ’n dag van rumoer en vertrapping en verwarring deur die Here, die Here van die leërskare, in die dal van die gesig — omgooi van mure en geskreeu na die gebergte toe!
6 En Elam het die pylkoker geneem, met waens, manskappe, ruiters; en Kir het die skild ontbloot.
7 Dan word jou beste dale met strydwaens gevul, en die ruiters staan gereed in die rigting van die poort;
8 en die beskutting van Juda word weggeneem. En in dié dag kyk jy na die wapens in die Huis van die Bos,
9 en julle sien die skeure van die stad van Dawid, dat hulle baie is, en julle vang die waters van die Onderste Dam op.