11 Hy het sy hand uitgestrek oor die see, koninkryke laat sidder! Die Here het bevel gegee met betrekking tot Kanaän, dat sy vestings verwoes moet word.
12 En Hy het gesê: Jy sal verder nie meer uitgelate wees nie, o onteerde jonkvrou, dogter van Sidon! Maak jou klaar, vaar oor na die Kittiërs toe; ook daar sal jy geen rus hê nie.
13 Kyk, die land van die Chaldeërs — dit is die volk wat tot niet gegaan het: Assur het dit bestem vir die woestyndiere, het sy wagtorings daarteen opgerig, het die paleise daarvan verwoes, het dit ’n puinhoop gemaak.
14 Huil, skepe van Tarsis, want julle vesting is verwoes!
15 En in dié dag sal Tirus vergeet word, sewentig jaar lank, soos die dae van een koning. Aan die einde van sewentig jaar sal dit met Tirus gaan volgens die hoerelied:
16 Neem die siter, gaan rond in die stad, vergete hoer! Speel mooi, sing baie, dat hulle aan jou kan dink.
17 En aan die einde van sewentig jaar sal die Here op Tirus ag gee, en sy sal terugkeer na haar hoereloon en hoereer met al die koninkryke van die aarde wat op die aardbodem is.