1 HERE, U is my God! U sal ek verhoog; u Naam sal ek loof; want U het wonders gedoen, raadsbesluite uit ver tye, waarheid en trou.
2 Want U het van ’n stad ’n hoop klippe gemaak, van ’n versterkte vesting ’n puinhoop; ’n paleis van vreemdes, dat dit geen stad meer is nie; vir ewig sal dit nie herbou word nie.
3 Daarom sal ’n magtige volk U eer, die vesting van tirannieke nasies U vrees.
4 Want U was ’n vesting vir die arme, ’n vesting vir die behoeftige toe hy benoud was; ’n skuilplek teen die stortreën, ’n skaduwee teen die hitte — want die geblaas van die tiranne is soos ’n stortreën teen ’n muur.
5 Soos hitte in ’n dor land het U die rumoer van vreemdes gedemp, soos hitte deur die skaduwee van ’n wolk; die triomfsang van die tiranne moes verstom.