1 IN dié dag sal hierdie lied gesing word in die land Juda: ’n Sterk stad het ons; God stel heil tot mure en skanse.
2 Maak oop die poorte, dat die regverdige nasie kan ingaan wat die trou bewaar!
3 U sal ’n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U.
4 Vertrou op die Here vir ewig, want in die Here Here is ’n ewige rots.
5 Want Hy het die bewoners van die hoogte neergewerp, die steil vesting; Hy het dit afgegooi, afgegooi tot by die grond, dit laat kom tot in die stof.
6 Die voet vertrap dit, die voete van die ellendige, die voetstappe van die armes.