4 Vertrou op die Here vir ewig, want in die Here Here is ’n ewige rots.
5 Want Hy het die bewoners van die hoogte neergewerp, die steil vesting; Hy het dit afgegooi, afgegooi tot by die grond, dit laat kom tot in die stof.
6 Die voet vertrap dit, die voete van die ellendige, die voetstappe van die armes.
7 Die pad van die regverdige is gelyk; U maak die spoor van die regverdige gelyk.
8 Ook in die weg van u oordele het ons U verwag, o Here! Tot u Naam en tot u gedenknaam gaan die begeerte van ons siel uit.
9 Met my siel begeer ek U in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.
10 Word aan die goddelose genade bewys, dan leer hy geen geregtigheid nie; wat onreg is, doen hy in ’n land van reg, en hy sien die hoogheid van die Here nie.