19 En die ootmoediges sal vreugde op vreugde smaak in die Here, en die behoeftiges onder die mense sal juig in die Heilige van Israel.
20 Want gedaan is dit met die tiran, en klaar is dit met die spotter, en uitgeroei is almal wat op ongeregtigheid bedag is —
21 hulle wat ’n mens as sondaar brandmerk ter wille van ’n woord, en strikke span vir hom wat vir die reg opkom in die poort, en die regverdige met nietige voorwendsels wegstoot.
22 Daarom, so sê die Here tot die huis van Jakob, Hy wat Abraham verlos het: Jakob sal nou nie meer beskaamd staan nie, en nou sal sy aangesig nie meer bleek word nie;
23 want as hy, as sy kinders die werk van my hande in sy midde sien, sal hulle my Naam heilig; ja, hulle sal die Heilige van Jakob heilig en vir die God van Israel met ontsag vervul wees;
24 en hulle wat dwalende van gees is, sal insig verkry, en die murmureerders sal lering aanneem.