6 As ’n man sy broer aangryp in die huis van sy vader en sê: Jy het ’n kleed, jy moet owerste oor ons wees, en laat hierdie ingestorte puinhoop onder jou toesig wees —
7 dan sal hy in dié dag uitroep en sê: Ek kan geen geneesheer wees nie, en in my huis is geen brood en geen kleed nie; maak my nie ’n owerste van die volke nie.
8 Want Jerusalem het gestruikel, en Juda het geval; want hulle tong en hulle dade is teen die Here om sy oë, vol heerlikheid, te trotseer.
9 Die uitdrukking van hulle gesig getuig teen hulle, en hul sonde maak hulle bekend, soos Sodom, sonder om iets weg te steek. Wee oor hulle siel, want hulle doen hulself kwaad aan!
10 Sê van die regverdige dat dit met hom goed sal gaan; want die vrug van hul handelinge sal hulle eet.
11 Wee die goddelose! Met hom gaan dit sleg; want wat sy hande gewerk het, sal hom aangedoen word.
12 Die drywers van my volk is kinders, en vroue heers oor hulle. o My volk, jou leiers is verleiers, en die weg wat jou pad moes wees, het hulle tot ’n dwaalweg gemaak.