1 WEE die opstandige kinders, spreek die Here, wat ’n plan uitvoer, maar dit is nie uit My nie; wat ’n verbond sluit, en dit is nie uit my Gees nie, om sonde op sonde te stapel;
2 wat gaan om na Egipte af te trek, en hulle raadpleeg my mond nie, om toevlug te soek onder die beskutting van Farao en om te skuil in die skaduwee van Egipte.
3 Maar die beskutting van Farao sal julle tot skande wees, en die skuiling in die skaduwee van Egipte tot smaadheid.
4 Want hulle vorste is in Soan, en hulle boodskappers het in Hanes aangekom;
5 almal staan beskaamd vanweë die volk wat hulle geen voordeel aanbring nie, geen hulp en geen voordeel nie, maar skande en smaadheid daarby.