28 en sy asem soos ’n oorlopende stroom wat tot by die nek kom — om nasies te sif met ’n sif van vernietiging; en ’n toom wat verkeerd stuur, is in die kakebene van die volke.
29 Die lied sal by julle wees soos in die nag as die fees gevier word, en julle sal vrolik wees van hart soos die wat met die fluite loop, om te kom op die berg van die Here, na die Steenrots van Israel.
30 En die Here sal sy stem vol majesteit laat hoor en die neerdaling van sy arm laat sien, met grimmige toorn en die vlam van ’n verterende vuur, storm en stortreën en haelkorrels.
31 Want vir die stem van die Here sal Assur verskrik wees; met die stok sal Hy slaan,
32 en elke swaai van die roede wat vir hom beskik is, wat die Here op hom laat val, sal wees onder begeleiding van tamboeryn en sitermusiek, en met ’n uitgeswaaide vegtersarm sal Hy teen hulle veg.
33 Want ’n Tofet is van gister af gereedgemaak, ook is dit vir die koning berei; diep en wyd het Hy die houtstapel daarvan aangelê met vuur en hout in menigte; die asem van die Here is soos ’n stroom van swawel wat dit aan die brand steek.