7 En Egipte — nietig en leeg is sy hulp; daarom noem ek dit: Rahab wat stilsit.
8 Gaan nou in, skryf dit op ’n tafel in hulle teenwoordigheid en teken dit op in ’n boek, dat dit kan bly vir later dae, vir altyd, tot in ewigheid.
9 Want dit is ’n wederstrewige volk, leuenagtige kinders, kinders wat die wet van die Here nie wil hoor nie;
10 wat aan die sieners sê: Sien nie! en aan die profete: Profeteer vir ons nie wat reg is nie; spreek vleitaal vir ons, profeteer bedrieëry;
11 wyk af van die weg, buig af van die pad, laat die Heilige van Israel voor ons aangesig verdwyn!
12 Daarom, so sê die Heilige van Israel: Omdat julle hierdie woord verwerp en vertrou op verdrukking en slinksheid en daarop steun,
13 daarom sal hierdie skuld vir julle wees soos ’n los stuk wat wil val, wat oorhang in ’n hoë muur, waarvan die instorting heeltemal onverwags kom.