12 Hulle slaan op die bors vanweë die begeerlike velde, vanweë die vrugbare wingerdstok;
13 vanweë die akkers van my volk wat met dorings en distels opskiet, ja, vanweë al die huise van vreugde van die uitgelate stad.
14 Want die paleis is verlate, die stadsgewoel is in eensaamheid verander; die Heuwel en die Wagtoring dien as spelonke vir ewig, ’n vreugde vir die wilde-esels, ’n weiveld vir die troppe vee —
15 totdat oor ons uitgegiet word die Gees uit die hoogte; dan word die woestyn ’n vrugteboord, en die vrugteboord self word vir ’n bos gereken.
16 En die reg woon in die woestyn, en die geregtigheid hou verblyf in die vrugteboord.
17 En die werking van die geregtigheid sal vrede wees, en die voortbrengsel van die geregtigheid rus en veiligheid tot in ewigheid.
18 En my volk sal woon in ’n plek van vrede en in veilige wonings en in plekke van ongestoorde rus.