2 Here, wees ons genadig, op U wag ons; wees hulle arm elke môre, ja, ons verlossing in die tyd van benoudheid!
3 Vir die dawergeluid vlug die volke; vanweë u verheffing word die nasies verstrooi.
4 Dan word julle buit weggeskraap soos sprinkane wegskraap; soos sprinkane hardloop, hardloop hulle daarop los.
5 Die Here is verhewe, want Hy woon in die hoogte; Hy het Sion vervul met reg en geregtigheid.
6 En daar sal bestendigheid van jou tye wees, ’n rykdom van volle verlossing, van wysheid en kennis; die vrees van die Here sal sy skat wees.
7 Kyk, die helde skreeu daarbuite, die boodskappers van vrede ween bitterlik.
8 Die grootpaaie is verlate; die wat padlangs trek, bly weg. Hy het die verbond verbreek, die stede gering geag, mense nie gereken nie.