7 Kyk, die helde skreeu daarbuite, die boodskappers van vrede ween bitterlik.
8 Die grootpaaie is verlate; die wat padlangs trek, bly weg. Hy het die verbond verbreek, die stede gering geag, mense nie gereken nie.
9 Die land treur, dit verwelk; die Líbanon staan beskaamd, dit verkwyn; Saron het geword soos ’n woestynvlakte, Basan en Karmel staan sonder blare.
10 Nou sal Ek opstaan, sê die Here; nou sal Ek My verhef, nou sal Ek My oprig.
11 Julle gaan swanger van strooi, julle sal stoppels baar; julle geblaas is ’n vuur wat julle sal verteer.
12 Dan word die volke ’n kalkbrandery, afgekapte doringbosse wat met vuur verbrand word.
13 Hoor, julle wat ver is, wat Ek gedoen het; en julle wat naby is, erken my mag!