7 Dan val die buffels saam met hulle, en die jong stiere saam met die stiere; en hulle land word dronk van bloed, en hulle stof versadig van vet.
8 Want die Here hou ’n dag van wraak, ’n jaar van vergelding in die regsaak van Sion.
9 En sy strome sal in pik verander word en sy stof in swawel, en sy land sal brandende pik word.
10 Dit sal snags of oordag nie uitgeblus word nie; vir ewig gaan sy rook op; van geslag tot geslag lê dit woes, vir altyd en ewig trek niemand daardeur nie.
11 Maar die pelikaan en die krimpvarkie neem dit in besit, en die uil en die kraai woon daarin. En Hy sal die riglyn van woestheid daaroor span en die skietlood van vormloosheid.
12 Sy edeles — daar sal hulle geen koninkryk meer uitroep nie, en met al sy vorste is dit gedaan.
13 En sy paleise word begroei met dorings, brandnekels en distels sal in sy vestings wees. En dit sal ’n lêplek van jakkalse, ’n verblyf vir die volstruise wees.