17 totdat ek kom en julle meeneem na ’n land soos julle land, ’n land van koring en mos, ’n land van brood en wingerde.
18 Laat Hiskía julle nie verlei nie deur te sê: Die Here sal ons red! Het die gode van die nasies elkeen sy land gered uit die hand van die koning van Assirië?
19 Waar is die gode van Hamat en Arpad? Waar die gode van Sefarváim? En het hulle miskien Samaría gered uit my hand?
20 Wie is daar onder al die gode van hierdie lande wat hulle land gered het uit my hand, dat die Here Jerusalem uit my hand sou red?
21 Maar hulle het stilgebly en hom niks geantwoord nie; want dit was die bevel van die koning: Julle moet hom nie antwoord nie.
22 Toe het Éljakim, die seun van Hilkía, wat oor die paleis was, en Sebna, die skrywer, en Joa, die seun van Asaf, die kanselier, met geskeurde klere by Hiskía gekom en hom die woorde van die rábsake te kenne gegee.