13 Waar is die koning van Hamat en die koning van Arpad en die koning van die stad Sefarváim, van Hena en Iwa?
14 En toe Hiskía die brief uit die hand van die boodskappers ontvang en dit gelees het, het hy opgegaan na die huis van die Here; en Hiskía het dit uitgesprei voor die aangesig van die Here,
15 En Hiskía het tot die Here gebid en gesê:
16 o Here van die leërskare, God van Israel wat op die gérubs troon! U alleen is die God van al die koninkryke van die aarde; Ú het die hemel en die aarde gemaak.
17 o Here, neig u oor en luister! Here, open u oë en kyk en hoor al die woorde van Sánherib, wat hy gestuur het om die lewende God te smaad!
18 Waarlik, Here, die konings van Assirië het al die lande en hulle gebied verwoes
19 en hulle gode in die vuur gegooi; want dit was geen gode nie, maar werk van mensehande, hout en klip — daarom kon hulle dié vernietig.