3 En hulle sê vir hom: So sê Hiskía: Vandag is ’n dag van benoudheid en straf en lastering; want die kinders het tot by die geboorte gekom, maar daar is geen krag om te baar nie.
4 Miskien sal die Here u God die woorde hoor van die rábsake wat deur sy heer, die koning van Assirië, gestuur is om die lewende God te smaad, en sal Hy hom straf oor die woorde wat die Here u God gehoor het; hef dan ’n gebed op vir die oorblyfsel wat nog aanwesig is.
5 En toe die dienaars van koning Hiskía by Jesaja kom,
6 sê Jesaja vir hulle: So moet julle jul heer antwoord: So spreek die Here: Vrees nie vir die woorde wat jy gehoor het, waarmee die dienaars van die koning van Assirië My gelaster het nie.
7 Kyk, Ek sal ’n gees in hom gee, dat hy ’n gerug hoor en na sy land terugtrek; en Ek sal hom in sy land deur die swaard laat val.
8 Daarop het die rábsake teruggegaan en die koning van Assirië aangetref terwyl hy besig was om teen Libna te veg; want hy het gehoor dat hy van Lagis af weggetrek het.
9 En toe hy van Tirháka, die koning van Kus, hoor sê: Hy het uitgetrek om teen u te veg — toe hy dit hoor, stuur hy boodskappers na Hiskía met die opdrag: