1 IN dié dae het Hiskía dodelik siek geword; en die profeet Jesaja, die seun van Amos, het by hom gekom en vir hom gesê: So spreek die Here: Gee bevel aan jou huis, want jy sal sterwe en nie lewe nie.
2 Toe draai Hiskía sy gesig na die muur, en hy het tot die Here gebid
3 en gesê: Ag, Here, dink tog daaraan dat ek voor u aangesig in trou en met ’n volkome hart gewandel het en gedoen het wat goed is in u oë. En Hiskía het bitterlik geween.
4 Toe het die woord van die Here tot Jesaja gekom en gesê:
5 Gaan sê vir Hiskía: So spreek die Here, die God van jou vader Dawid: Ek het jou gebed gehoor, jou trane gesien; kyk, Ek sal vyftien jaar by jou dae byvoeg,