9 GESKRIF van Hiskía, die koning van Juda, toe hy siek was en van sy siekte gesond geword het.
10 Ek het gesê: In die bloei van my dae moet ek heengaan in die poorte van die doderyk; ek word beroof van my orige jare.
11 Ek het gesê: Ek sal die Here nie sien nie, die Here, in die land van die lewendes; ek sal die mense nie meer aanskou onder die inwoners van die wêreld nie.
12 My woning is opgebreek en van my af weggevoer soos ’n herderstent; ek het my lewe opgerol soos ’n wewer sy weefsel; Hy sny my van die wewersbalk af; van dag tot nag gee U my prys.
13 Bring ek myself tot bedaring tot die môre — soos ’n leeu só verbreek Hy al my beendere; van dag tot nag gee U my prys.
14 Soos ’n swaweltjie of kraanvoël, so het ek gepiep; ek het gekir soos ’n duif; my oë het dof gekyk na bo: Here, ek is benoud, wees U my Borg!
15 Wat sal ek spreek, aangesien Hy my dit beloof het en Hy self dit gedoen het? Ek sal soetjies voortgaan al my jare vanweë die bitterheid van my siel.