1 TROOS, troos my volk, sê julle God.
2 Spreek na die hart van Jerusalem, en roep haar toe dat haar stryd verby is, dat haar skuld betaal is, dat sy uit die hand van die Here dubbel ontvang het vir al haar sondes.
3 ’n Stem van een wat roep: Berei in die woestyn die weg van die Here; maak gelyk in die wildernis ’n grootpad vir onse God!
4 Elke dal moet opgevul en elke berg en heuwel klein gemaak word; en die bult moet ’n gelykte en die rotsagtige plekke ’n laagte word.