11 So sê die Here, die Heilige van Israel en sy Formeerder: Vra My aangaande die toekomstige dinge; vertrou my seuns en die werk van my hande aan My toe!
12 Ek het die aarde gemaak en die mens daarop geskape; Ek — my hande het die hemel uitgespan, en Ek het aan sy ganse leërskare bevel gegee.
13 Ek het hom verwek in geregtigheid, en al sy weë sal Ek gelykmaak; hý sal my stad bou en my ballinge loslaat sonder koopprys en sonder geskenk, sê die Here van die leërskare.
14 So sê die Here: Die opbrings van Egipte en die handelswins van Kus en die Sabeërs, manne van hoë gestalte, sal na jou toe oorkom en joue wees; hulle sal agter jou loop; in kettings sal hulle oortrek en hulle voor jou buig; hulle sal jou smeek en sê: Waarlik, God is in jou; en anders is daar geen, geen God meer nie!
15 Waarlik, U is ’n God wat U verborge hou, die God van Israel, die Heiland.
16 Hulle het beskaamd gestaan en ook in die skande gekom, hulle almal; hulle het tesame met skande heengegaan — die wat afgode maak.
17 ISRAEL word verlos deur die Here met ’n ewige verlossing; julle sal nie beskaamd staan of in die skande kom tot in alle ewigheid nie.