1 BEL het inmekaargesak, Nebo staan krom; hulle afgode is vir die diere en die vee; beelde wat julle rondgedra het, is opgelaai, ’n vrag vir die vermoeide diere.
2 Saam staan hulle krom, inmekaargesak; hulle kon die vrag nie red nie, maar het self in gevangenskap gegaan.
3 Luister na My, o huis van Jakob en die hele oorblyfsel van die huis van Israel, julle wat deur My gedra is van die moederskoot af, opgeneem is van die geboorte af;
4 en tot die ouderdom toe is Ék dieselfde, ja, tot die grysheid toe sal Ek julle dra; Ék het dit gedoen, en Ék sal julle opneem, en Ék sal dra en red.
5 By wie wil julle My vergelyk en My net so maak en My gelykstel, dat ons eenders kan wees?
6 Hulle wat goud uit die geldsak skud en silwer afweeg met die weegskaal, huur ’n goudsmid, en hy maak daar ’n god van; hulle kniel neer, ook buig hulle.